Die ou stof en hartseer le
wie gaan dit afwas
Daar kom iemand met die water van liefde en lewe
Saggies was hy die stof,
nog sagter was hy die hartseer weg.
Hy maak die diep wonde gesond, hy vryf met teerheid oor die littekens.
Hy is daar en hy praat sag, sy stem is soos die son wat net so liggies op jou skyn.
Sy liefde vir jou is so skerp soos die aandster ,
hy maak reg wat verkeerd was en hy vul jou beker van geluk.
Dankie dat jy in my lewe gekom het my sonstraal, jy het my hartseer kom wegvat, jy het my diep wonde kom gesond maak, jy gee my n nuwe begin.
n kans om weer te lewe en uit die beker van geluk te drink.

Nuwe begin
March 20, 2010
Ou Geheime
March 7, 2010Ek het vandag n ou geheim gehoor, dit maak seker lankal nie meer saak nie.
Dit was 15 jaar terug en heel osnkuldig vertel die persoon dit vir my en ek gee voo ek weet daarvan.
Ek het nie geweet nie en as ek miskien opo die tyd geweet het sou my hart gebreek het.
Daarom geheime en tyd, ek voel vreemd daaroor maar kan sien hoekom dit so lank moes stil le sodat ek reg kan wees om dit te ontvang.
So miskien moet ons nie krap nie , miskien moet ons dalk nie nou weet wat ons graag wil weet nie , miskien is die tyd van antwoorde nie nou nie.

Die lewe op Vrydag die 3rde Maart 2010
March 5, 2010Wat is jou lewe vandag?
Wat beplan jy vir jou lewe vandag?
Wat wil jy he vir jou lewe vandag?
Het jy al vaoggend gedink oor jou lewe?
Het jy al vanoggend geluk gesmaak in jou lewe?
Het jy al vanoggend gehaat?
Het jy al gehuil vanoggend?
Het jy al gewonder vanoggend?
Dink jy daar is geluk?
Dink jy daar is lig?Dink jy jy is gelukkig?
Dink jy jy verdien meer geluk as die blote bestaan wat jy voer?
Antwoord al die vrae vanoggend en luister na die antwoorde .
Kiss me and you will see stars, love me and i will give them to you.

Die Liefde
March 4, 2010Die liefde is n lied
Dis n droom van wolke en geluk
Dis n kasteel vol kamers van ondekking en warmte
Dis n n Prins in jou lewe en jy die Prinses
Hy raak jou binneste met warmte aan , sy vat is so vol sagtheid en teerheid.
Sy liefde laat jou voel asof jy niks anders in die lewe wil he nie, jy kan nie genoeg kry van die fontein met die towerwater nie.
Jy dans vir hom en die vuur is in sy oe vir jou, jou rok wapper en jou Prins is daar hy is vasgevang in jou beeld.

Waarom klou ons, finaal
February 1, 2010Wel uit die vorige twee inskrywings het ek tot die konklusie gekom mense maak mense ongelukkig en ons as mens is te swak of te bang om n verandering te maak.
Ons sal eerdeer n lewe van leuns misbruik van ander en al daai onaagename dinge doen net om ons eie ou wereld wat ons dink is tog so spesiaal te beskerm.
Nou wat an al die ander mense se lewens wat jou aksies verwoes, al die trane wat jy ander bring in die proses om wat jy dink is jou heiligdom te beskerm en aan die gang te hou, niemand dink ooit aan die gevolge nie en niemand gee ooit om wat hulle aksies aan ander doen doen, hoekom solank ek reg is hoekom moet ek omgee….lol
Wel n verrasing vir almal wat dit so doen of so dink, julle is vals en het nie eers die moed om aan julle self te erken wie en wat jy regtig is nie.
Ek kan vandag met trots se ek weet wie ek is ek weet hoe ek dink en ek weet my hand was nog altyd oop al was dit ten koste van myself.
So ek het vandag niks om oor sleg te voel nie, hoeveel mense daar buite het nodig om weer n bietjie na hulle self te gaan kyk.
Die lewe is kort en spyt kom altyd te laat…..

Waarom klou ons
January 30, 2010Wel ek gaan aan met my storie oor hoekom mense aan dinge klou en oor hoekom mense nie altyd die waarheid kan praat nie en hoekom hulle bang is.
Ek kry daagliks met mense te doen wat nie die waarheid praat nie wat net genoeg se om wat hulle dink jou tevrede te hou.
Ai tog besef mense dan nie dat mens deur dit kyk nie en dat die waarheid oor hoe dinge regtig werk n mens reg in die gesig staar.
Nou die is die mense wat nie die waarheid aan hulle self kan erken nie, wie se eie wereld ten koste van n ander sin beskerm moet word en hulle dink die ander sien en weet dit nie.
Nou sal baie seker vra maar as mens dit weet hoekom stop jy nie die mense nie?
Dit is nou waar die ding inkom van jouself om die bos lei.
Jy weet wat aangaan en doen niks daaraan nie, miskien is dit die hoop dat ander mense sal ophou om leunagtige lewens te lei en eerder net eerlik te wees.
dan kom n mens op n punt waar jy besef dat jy nie meer jouself om die bos kan lei nie, maak nie saak hoeveel geloof jy in ander mense het dat hulle meer eerlk gaan wees nie, jy dit nie meer met blindheid kan aanvaar nie maar iets daaraan moet doen.
Dit is nou waar almal om jou ongelukkig word want hoe kan jy dit doen?
Wel dieselfde kan dan aan die ander persoon gevra word hoe kan jy dit oor jou hart kry om n ander te gebruik.
So die lewe werk so moenie wonder hoekom n mens se wereld skielik in mekaar getuimel het nie, vra eerder wat was my bydrae tot die intuimel en kon ek iets gedoen het om dit te keer , miskien dalk net n bietjie meer eerlikheid en n bietjie minder misbruik.

Hoekom klou mens?
January 25, 2010Hoekom klou mens so aan die bekende, waarvoor vrees ons?
Bang jy gaan iemand of iets verloor , meantime het dit al lankal gebeur .
Hoekom is ons so bang om net reguit vir mense te se wat ons dink?
Hoekom teen mense se beterwete en dan voel hulle nog so n klein bietjie skuldig weerhou mense , terwylander dit nie doen nie?
Hoe lewe ons elke dag met die dinge saam wat ons so n rukkie in n dag pla , kry dit gou uit die kop uit en hoop dit gaan metertyd verby , die skuldig voel.
Hoekom nie net reguit wees nie, die waarheid is nie altyd lekker nie maar kan ook baie dinge regmaak.Dis maar soos baie dinge in die lewe dit kan goed of nie so goed gevolg he nie, maar ten minste is dit uitsorteer
Die grootste een in die lewe is vir my die kwesie van hoe “bullshit” mens jouself en glo my almal doen dit, tot n mens op n punt kom om die waarheid aan jouself te erken, wat miskien een van die moeilikste dinge is.
Dan is die volgende een wat doen mens daaraan, en hier gaan ek stop tot n volgende keer.

Die lewe die lot
January 15, 2010Waarmee is ons tevrede, wat dink ons verdien ons?
Die mensdom sit met sy eie geluk in sy hande, elke dag wat vir ons negatief is kan gedraai word, baie hartseer nie alles nie kan verander word.
Wanneer neem jy die besluit dat jou lewe in n blom moet verander, dat jy dit wat nie vir jou lekker is nie wil agterlaat?
Ons klou elke dag aan ongelukkigheid en depressie, vir party van ons is dit so bekend dat n mens bang is vir wat daar buite is “rather the devil you know , than the one you dont know”
Maar kom ek vertel julle iets daar buite is nie “bang ” nie dit is wat ons daarvan gaan maak , dis die besluite wat ons neem oor wat on regtig gelukkig maak, ja mense kry seer op die pad masr daar is maniere om die seer minder te maak.
Reeds omdat mens te lank wag met die lewens verandering maak dit miskien die seer vir ander groter.
Wie wil oud word en voel jy het nie dit gekry waarna jy soek nie.
Wie wil oud wees en voel jy het nie jou sielsgenoot gekry nie.
Wie wil oud word en wens jy het nog n kans gehad.
Wie wil oud word en dink het ek maar.
Terwyl n mens nog die kans het maak n verandering, nie n illusie nie.
Die lewe kan kort wees en lank wees, laat GELUK jou denke op die oudag wees en nie REGRET nie.
Ek kan al hierdie ding skryf en se want ek het die veranderinge gemaak ek was ook bang maar ek is glad nie spyt nie.

Die donkerkop man
January 5, 2010N gedig word werklikheid, hoe beskryf n mens dit?
Hoe gelukkig is n mens as jou gedig werklikheid word?
Weet julle wat ek dink dis fantasties

wat sal ek se vandag?
October 28, 2009Vandag is stil,ek wonder en dink.
Is daar iemand , ek dink nie daar is nie wat weet hoekom ons paaie so anders loop as wat ons gedink het, dit wat n mens vandag dink verander more sommer heeltemal in n ander rigting in.
Wel ek kla nie, ek wonder maar net oor die paaie waarop ons gestuur word, die dinge wat ons daaruit moet leer en die groei van die eie ek wat daarmee saamgaan.
Mens leer om te vergewe en meer simpatie vir die regte dinge te he meer deernis in die lewe en baie minder baklei.
Ek wil tog nooit weer baklei nie, is heel gelukkig soos ek is , was dit maar net lewenslesse om mens die regte dinge te laat doen of wat?