
Die lewe die lot
January 15, 2010Waarmee is ons tevrede, wat dink ons verdien ons?
Die mensdom sit met sy eie geluk in sy hande, elke dag wat vir ons negatief is kan gedraai word, baie hartseer nie alles nie kan verander word.
Wanneer neem jy die besluit dat jou lewe in n blom moet verander, dat jy dit wat nie vir jou lekker is nie wil agterlaat?
Ons klou elke dag aan ongelukkigheid en depressie, vir party van ons is dit so bekend dat n mens bang is vir wat daar buite is “rather the devil you know , than the one you dont know”
Maar kom ek vertel julle iets daar buite is nie “bang ” nie dit is wat ons daarvan gaan maak , dis die besluite wat ons neem oor wat on regtig gelukkig maak, ja mense kry seer op die pad masr daar is maniere om die seer minder te maak.
Reeds omdat mens te lank wag met die lewens verandering maak dit miskien die seer vir ander groter.
Wie wil oud word en voel jy het nie dit gekry waarna jy soek nie.
Wie wil oud wees en voel jy het nie jou sielsgenoot gekry nie.
Wie wil oud word en wens jy het nog n kans gehad.
Wie wil oud word en dink het ek maar.
Terwyl n mens nog die kans het maak n verandering, nie n illusie nie.
Die lewe kan kort wees en lank wees, laat GELUK jou denke op die oudag wees en nie REGRET nie.
Ek kan al hierdie ding skryf en se want ek het die veranderinge gemaak ek was ook bang maar ek is glad nie spyt nie.