
Waarom klou ons
January 30, 2010Wel ek gaan aan met my storie oor hoekom mense aan dinge klou en oor hoekom mense nie altyd die waarheid kan praat nie en hoekom hulle bang is.
Ek kry daagliks met mense te doen wat nie die waarheid praat nie wat net genoeg se om wat hulle dink jou tevrede te hou.
Ai tog besef mense dan nie dat mens deur dit kyk nie en dat die waarheid oor hoe dinge regtig werk n mens reg in die gesig staar.
Nou die is die mense wat nie die waarheid aan hulle self kan erken nie, wie se eie wereld ten koste van n ander sin beskerm moet word en hulle dink die ander sien en weet dit nie.
Nou sal baie seker vra maar as mens dit weet hoekom stop jy nie die mense nie?
Dit is nou waar die ding inkom van jouself om die bos lei.
Jy weet wat aangaan en doen niks daaraan nie, miskien is dit die hoop dat ander mense sal ophou om leunagtige lewens te lei en eerder net eerlik te wees.
dan kom n mens op n punt waar jy besef dat jy nie meer jouself om die bos kan lei nie, maak nie saak hoeveel geloof jy in ander mense het dat hulle meer eerlk gaan wees nie, jy dit nie meer met blindheid kan aanvaar nie maar iets daaraan moet doen.
Dit is nou waar almal om jou ongelukkig word want hoe kan jy dit doen?
Wel dieselfde kan dan aan die ander persoon gevra word hoe kan jy dit oor jou hart kry om n ander te gebruik.
So die lewe werk so moenie wonder hoekom n mens se wereld skielik in mekaar getuimel het nie, vra eerder wat was my bydrae tot die intuimel en kon ek iets gedoen het om dit te keer , miskien dalk net n bietjie meer eerlikheid en n bietjie minder misbruik.