
Nuwe begin
March 20, 2010Die ou stof en hartseer le
wie gaan dit afwas
Daar kom iemand met die water van liefde en lewe
Saggies was hy die stof,
nog sagter was hy die hartseer weg.
Hy maak die diep wonde gesond, hy vryf met teerheid oor die littekens.
Hy is daar en hy praat sag, sy stem is soos die son wat net so liggies op jou skyn.
Sy liefde vir jou is so skerp soos die aandster ,
hy maak reg wat verkeerd was en hy vul jou beker van geluk.
Dankie dat jy in my lewe gekom het my sonstraal, jy het my hartseer kom wegvat, jy het my diep wonde kom gesond maak, jy gee my n nuwe begin.
n kans om weer te lewe en uit die beker van geluk te drink.
Advertisement